Feesgangers maak seker om Val Boeredag naby Standerton by te woon

Die aantal voertuie wat in die parkeergebied gestaan het, het ’n aanduiding gegee van die belangstelling in die Val Boeredag.

Die groot boeresamekoms wat sedert 2018 nie aangebied kon word nie, het op Woensdag 6 Julie op Val plaasgevind.

Die aantal voertuie wat in die parkeergebied gestaan het, het ‘n aanduiding gegee van die belangstelling in die Val Boeredag.

Verskeie uitstallers en ondernemings het die geleentheid benut om hul produkte ten toon te stel.

Die Kosmos Aftree-oord het eetgoed en drinkgoed as ‘ֹn geldinsamelingsinisiatief verkoop, waar besoekers met moeë voete op die houtbankies kon asem skep.

Nie dat dit die enigste plek was waar die innerlike versterk kon word nie.

Die gemeenskap het fluks sake gedoen met die verkoop van onder meer boereworsrolletjies, hamburgers, ‘donuts’ en koeldrank.

‘n Spreker het aan die vroue ‘n sterk motiverings- en geloofsboodskap in die groot tent gelewer.

Die kleingoed was kort-kort in treintjies op die terrein vervoer met moeders wat by allerlei stalletjies kon inloer.

Die demonstrasies van plaasimplemente het groot aftrek gekry en die dag is gekenmerk deur ou vriende en kennisse wat mekaar weer raakgeloop het.

Boere kon met kundiges in die landbouwêreld op informele wyse kommunikeer en ‘n span van TLU het ook ‘n tent beman.

‘n Ontspanne gees het te midde van groot sakebesluite geheers.

Die geleentheid is oudergewoonte met vermaak afgesluit.

Brett Gordon, voorsitter van die Waterval Boerevereniging, het op Donderdag 7 Julie die dag as ‘n sukses beskryf.

“Ons is baie tevrede en dank verskuldig teenoor die uitstallers en demonstrasies, asook feesgangers wat by ons kom draai het,” het Brett gesê.

Vroue werskaf soos net hulle kan in die kombuisie van die Kosmos Aftree-oord se tent.
Uitstallers by die Val Boeredag pronk met die nuutste op die mark.
Hanco Rautenbach aan die speel by die Val Boeredag.
Feesgangers besoek uitstallers en hul ware by die Val Boeredag.
’n Plesierige rit by die Val Boeredag vir die kinders.
Motorhandelaars het ook voertuie by die Val Boeredag kon uistal.
Ronnie Schilling (streekbestuurder: Oos-Natal TLU SA), Jannie Raath (streekbestuurder: Vrystaat TLU SA) en Bennie van Zyl (hoofbestuurder: TLU SA).
Voertuie staan in die parkeergebied op Val.
Besoekers by die Val Boeredag aan die beweeg en gesels.
Die hele gesin daag op 6 Julie by die Val Boeredag op.
Feesgangers by die Val Boeredag beweeg tussen die stalletjies.
’n Damskrop by die Val Boeredag trek die aandag.
Trekkers te siene by die Val Boeredag.
‘n Robot, al dan nie?
Implemente word ten toon gestel.
Dr. Mollie Lyons en Sanpat Coetzee by die Kosmos Aftree-oord se tent.
’n Tiller wat blink in die son.
Een van die uitstallings by die Val Boeredag.
Besoekers by die Val Boeredag beweeg rustig tussen die uitstallers deur.
Feesgangers by die Val Boeredag beweeg tussen die stalletjies.
Val Boeredag op 6 Julie het in menige besoeker se smaak geval.
’n Uitstalling so na aan ’n boer se hart.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version