Local newsNewsStreeknuus

Jerigo-oord op Eloff maak die harte warm

Von Molendorf, nou al bekend daarvoor dat sy ’n hart van goud het, het op Sondag, 19 Junie vir die inwoners van Jerigo die dag ekstra spesiaal gemaak.

 

Ook vir die inwoners en spesiaal vir die pappas van die Jerigo Opheffingsoord vir minderbevoorregtes op Eloff was daar iets spesiaal vir Vadersdag.

Onder leiding van Redo-a-Sign se Cathrine von Molendorf, wat as organiseerder opgetree het en met die hulp en bystand van Johan Jooste, was die koue Vadersdag omgesit in ’n hartlike dankie-sê-dag vir die vaders van Jerigo.

Von Molendorf, bekend daarvoor dat sy ’n hart van goud het, het op Sondag, 19 Junie vir die inwoners van Jerigo die dag ekstra spesiaal gemaak.

Die toegang was nie-bederfbare voedsel en die besoekers was beloon met verskeie kunstenaars wat deur die loop van die dag opgetree het.

Ander kunstenaars wat opgetree het, is Lam, Freddie, Betsie, Adrie en Zandré Human.Daar was ook verskeie stalletjies op die dag teenwoordig en besoekers kon hulself behoorlik bederf.

“Ek wil vir al die borge van blikkies kos, Diane Bath vir die Vadersdaggeskenkies en Funtazia vir die verskaffing van die springkasteel bedank.

“Sonder julle sou die dag nie so ’n groot sukses kon wees nie,” het Von Molendorf gesê.

“Dit was baie lekker om die inwoners van Jerigo te kon bederf.

“Ek moet ook spesiaal vir Leon en Deidré Leroux bedank dat hulle so mooi en met soveel liefde en omgee na die inwoners van Jerigo omsien,” het Von Molendorf bygevoeg.

Zandré Human vermaak die gaste by Jerigo Opheffingsoord in Eloff. Foto: Verskaf
Daar was geen tekort aan vermaak tydens die Vadersdagvieringe by Jerigo Oord nie. Foto: Verskaf
Winterson-plesier by Jerigo Oord in Eloff. Foto: Verskaf

Related Articles

Back to top button