Heidi se Donkie Derby sorg vir groot pret

Wheller het verder gesê dat dié Donkie Derby-kuieraand beslis voortaan ’n jaarlikse instelling op Heidi Kleuterskool se dagboekprogram sal wees.

Die hoewe het behoorlik geklap by Heidi Kleuterskool in Delmas se eerste Donkie Derby-funksie.

Heidi Kleuterskool het die geleentheid as deel van ’n geldinsamelingsprojek aangebied.

Die gesellige geleentheid het op Vrydag, 27 Mei in die skoolsaal van Laerskool Delmas plaasgevind.

Oud en jonk het deelgeneem en die aand was vol pret, plesier, groot gees en hope energie. Daar was in totaal ses rondtes en pryse kon ook deurentyd gewen word.

“Die aand was nie net ’n geldinsamelingsgeleentheid nie, maar ook ’n geleentheid vir oud en jonk om te geniet en saam te kuier,” het Riëtte Wheller, skoolhoof van Heidi Kleuterskool, gesê.

“Elke gas, elke borg, baie dankie vir dit wat jul saai in Heidi, sonder elkeen van julle se bydrae sou die Donkie Derby nie moontlik gewees het nie. Dankie ook aan die Derby-span vir al die reëlings en harde werk agter die skerms.”

Wheller het verder ook haar dank uitgespreek teenoor Heidi bestuur en personeel vir hul deelwees van die pragtige en suksesvolle aand.

Wheller het verder gesê dat dié Donkie Derby-kuieraand beslis voortaan ’n jaarlikse instelling op Heidi Kleuterskool se dagboekprogram sal wees.

Hier spog Tanya Pretorius met haar welverdiende prys. By haar is Riëtte Wheller. (Foto: Verskaf)
Die ‘donkies’ is gereed vir die resies. (Foto: Verskaf)
Riëtte Wheller, skoolhoof van Heidi Kleuterskool, saam met ronde ses se wenner, Ulah Venter. (Foto: Verskaf)
Exit mobile version