Local newsNews

Planter kry nuwe baadjie by onderneming op Standerton

Dié planter onderskei homself van dit wat op die mark is deurdat dit bloot aan ’n trekker gehaak word.

’n JD 1750-planter wat in drie maande se tyd gebou is, sal nou aan menige saaiboer se vereistes voldoen.

Frans Blignaut en Hein van Nieuwenhuizen se onderskeie ambagte as ketelmaker en sweiser het handig te pas gekom toe die werk aangepak is.

’n Boer van die omgewing, Theuns Schoonraad, het kers by dié twee sakemanne opgesteek.

’n Besluit is saam geneem om ’n planter te bou.

Dié planter onderskei homself van dit wat op die mark is deurdat dit bloot aan ’n trekker gehaak word.

Dit is nie nodig om ’n sleepwa te huur nie wat dit koste-effektief maak.

Dit spog met ’n lengte van nege en ’n half meter en breedte van vyf en ’n half meter met 12 planterbakke van 1.2meter vir saad.

Die trekstang lig teen 90° reguit in die lug en twee agterwiele en vier dieptebeheerwiele voltooi die prentjie.

Met die kenmerkende John Deere-groen word ’n vloeiende beweging geskep.

Die modifikasie het by Ararat se werkswinkel plaasgevind.

“Om die planter op ’n foto te sien, geskied nie reg daaraan nie,” het Blignaut gesê.

Related Articles

Back to top button