EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Ricus Nel sal gehoor vermaak by Val Boeredag

Maak seker jy loop nie dié vertoning mis nie.

Ricus Nel is een van die Afrikaanse sangers wat op Woensdag, 6 Julie by die Val Boeredag gaan optree.

Nel se debuut-album, Sak en Pak, is in Augustus in 2011 vrygestel en hy kan 13 instrumente bespeel.

Die heel eerste instrument wat hy geleer het, is die dromme toe hynet vier jaar oud was.

Hy het gedurende sy laerskool- en hoërskooljare, by sy pa se boereorkes aangesluit.

Dié veelsydige musikant het, voordat hy hom tot die musiekbedryf toegetree het as sanger, by ’n platinummyn, ’n tabakkoöperasie en ’n musiekwinkel gewerk.

Nel het eers in kroeë gesing en musiek gemaak voordat hy in 2003 in Dozi se orkes by Hartebeespoortdam begin speel het.

Hy het later skouers geskuur met bekendes wat Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Bok van Blerk en Kurt Darren insluit en sy eerste debuut-album het groot ondersteuning van Suid-Afrikaanse gehore ontvang.

Verskeie van sy albums het al goue status bereik.

Nel se hoogtepunt van sy loopbaan tot dusver is om vir die Australiaanse sanggroep, Air Supply, te open tydens hul wêreldtoer in 2014 in Kaapstad.

Related Articles

Back to top button