Cullinan is ’n finalis vir die Kwêla dorp van die jaar-kompetisie

Mense moet stem.

Cullinan is ’n finalis vir Gauteng en Noordwes Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie.

Sanger en akteur Willem Botha het die historiese diamantdorp besoek om saam met Kwêla in samewerking met lekkeslaap.co.za en Kia ’n insetsel op elk van die nege dorpe wat die finale ronde gehaal het, te verfilm.

Wanneer al nege dorpe op Kwêla vertoon is, sal die publiek vanaf 18:00 op 17 Julie tot 12:00 22 Julie, vir die wendorp kan stem.

Stem vir Cullinan deur die dorpsnaam na 33157 te SMS . Die koste beloop slegs R1-50 per SMS.

Die wendorp word op 31 Julie 2022 op Kwêla aangekondig.

Die dorp met die meeste stemme word as Kwêla se Dorp van die Jaar aangewys.

Die dorp wen ’n ongelooflike R1 miljoen se bemarkingswaarde van kykNET. Homebrew Films, die vervaardigers van Kwêla, sal ’n 45 sekonde advertensie oor die dorp maak, wat gedurende kykNET se advertensietyd uitgesaai sal word.

Daar sal ook ’n groot KIA Dorp van die Jaar-makietie in die wendorp gehou word – musiek, kos, pret en sommer baie van die wendorp-gees.

Soos Jan Harm van Jan Harmsgat se agterplaas sê: “Ons soek die fees”.

Kwêla sal weer daar wees om dit te verfilm, en dit sal later die jaar uitgesaai word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version