News

Bronkies skop stof in Buffalos se oë

Plaaslike klub speel spog-rugby.

Bronkies se rugbymanne het Saterdag, 11 Junie teen die Buffalos Rugbyklub van Pretoria op Bronkies se tuisveld in ’n ligawedstryd kragte gemeet.

Bronkies was in totale beheer van altwee wedstryde en die tweedespan het met 64-10 koning gekraai. Die tweedes het 10 drieë gedruk en was met sewe doelskoppe suksesvol.

Die eerstespan het ook met 50-3 geseëvier. Die eerstes het in die proses agt drieë gedruk en was met vyf doelskoppe in die kol.

Albei wedstryde was eensydig soos die tellings aandui.

“Daar moet bygesê word dat Bronkies ook tans goeie rugby speel hoewel daar nog baie ruimte vir verbetering is,” het voorsitter Lourens du Plessis laat hoor.

Albei spanne is tans tweede op die ligaranglys.

Die tweedespan se man van wedstryd was Biggy Mazibuko en vir die eerstespan is Jacques Dumas gekroon as man van die wedstryd.

Bronkies se volgende ligawedstryd is teen Eersterus van Pretoria eerskomende Saterdag en word op Eersterus se veld beslis.

Chris Robertse beur deur die verdediging en Kasadi Mtsweni saam met Shaun Mcnully en Tiaan van Wyk staan reg vir die aangee.
Patrick Molatswa in volle vaart.
Biggy Mazibuko druk ’n drie.
Arno Rust beur deur die gaping met vlugtige voete.
Andries Theunisen mik vir die pale en teken ’n drie aan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button