Eldamah en Loffies sê mekaar die stryd aan

Laerskool Eloff het as wenners uit die stryd getree.

Die gees van vriendskaplike kompetisie was aanvoelbaar toe die netbalspanne van Eldamah Academy op Delmas en Laerskool Eloff mekaar die stryd aangesê het.

Die twee skole het Donderdag, 19 Mei op die netbalbane van Laerskool Eloff byeengekom.

Die 0/8-, 0/10- en 0/11- en 0/13-spanne het teen mekaar meegeding.

Laerskool Eloff het as wenners uit die stryd getree.

Die uitslae is as volg:
0/8 – Eloff wen met ses doele teenoor die 1 van Eldamah.
0/10 – Eloff klop vir Eldamah met 7 doele teenoor die nul van Eldamah.
0/11 – Eldamah wen met 12 doele teenoor die ses van Eloff.
0/13 – Eloff wen met vyf doele teen die twee doele van Eldamah.

“Dit was voorwaar lekker om netbalwedstryde teen ons vriende, Eldamah Academy, te kon speel. Die dogters het mekaar die stryd aangesê en goeie sportmangees was deurgaans aan die orde van die dag,” het Louise van Niekerk, skoolhoof van Laerskool Eloff gesê.

Eldamah Academy het op hulle beurt vir Laerskool Eloff bedank vir die vriendskaplike wedstryd tussen die twee skole.

 

Hier is netbalspelers van Eldamah Academy en Laerskool Eloff op die netalbane van Loffies.
Hier reik die 0/13-netabalspelers hoog vir die bal.
Hier wys ’n speler van Eldamah Academy waarom hulle die 0/13-wedstryd gewen het.
Loffie-speler neem besit van die bal.
Netbalkompetisie tydens die vreindskaplike wedstryd tussen Eldamah Academy en Laerskool Eloff.
Aktiewe verdediging rondom die doelnet.

 

Exit mobile version