NewsSchoolsStreeknuus

Kookwater-hokkie tussen Dellies en Volkies

Die eerstespan het Dellies se naam hoog gehou en die Volkies met 3–1 geklop.

Die hokkie-bokkies van Hoërskool Delmas het uitgehaal en gewys tydens hul wedstryde teen Hoër Volkskool van Heidelberg.

Die wedstryde het op Donderdag, 12 Mei op Dellies se tuisveld plaasgevind.

Dellies se 0/14-span het die Volkies met 4–0 geklop.

Die 0/15-span het 2–3 verloor.

Die 0/16-span het vir ’n wentelling van 2–0 gesorg.

Die tweedes kon nie daarin slaag om ’n doel aan te teken nie en het 0–4 teen Volkies verloor.

Die eerstespan het Dellies se naam hooggehou en die Volkies met 3–1 geklop.

Janelé Nienaber haal die bal onder die voete van ’n Volkie-speler uit.
Arné Holtzhausen sit al haar krag agter die stok.
Juané McGregor in aksie teen Hoër Volkskool.
Hokkie-aksie op sy beste op Dellies se tuisveld.
Juané McGregor loop met die bal.
Kookwater-aksie op Dellies se tuisveld.
Christelle van Loggerenberg laat loop met stok en bal.
Dellies se eerstespan-verdediging is in plek.

Related Articles

Back to top button