NewsSchoolsStreeknuus

Onderwysers is baanbrekers by Rakkers Kleuterskool op Delmas

Dit bied verder ook hulp by die voorkoms van aandagafleibaaheid-hiperaktiwiteitsindroom (AAHS), algemene leerprobleme, hoofpyne, blaasprobleme sowel as irritasies wat met reuke, lig, klanke en so meer gepaard gaan.

Die personeel van Rakkers Kleuterskool in Delmas het onlangs baanbrekers geword.

Hierdie eer het die skool te beurt geval toe hulle die eerste kleuterskool in Mpumalanga was om die kursus genaamd ‘HANDLE’ te voltooi.

Tariesa Gildenhuys het die kursus, bestaande uit twee sessies van vier ure elk, op Woensdag, 27 en Donderdag, 28 April, aangebied.

Gildenhuys het gesê dat die kursus nog relatief onbekend in Suid-Afrika is en dat dit is ’n kursus is wat daar gestel was om veral ook met kinders met leerstruikelbloke te deel.

“Die doelstellings is om uitdagings te identifiseer en maniere te vind om dit op te los. Ons het gevind dat ons uitstekende resultate behaal,” het Gildenhuys laat hoor.

Volgens Gildenhuys, neem die HANDLE-kursus die hele menslike stelsel, wat insluit die sentrale senustelsel, outonome senuweestelsel, immuniteitstelsel, spysverteringstelsel en die visuele stelsel van ’n persoon in ag.

Hiermee saam word die gesinsverband, skool, werk, leefstyl en vele meer in berekening gebring.

Dit bied verder ook hulp by die voorkoms van aandagafleibaaheid-hiperaktiwiteitsindroom (AAHS), algemene leerprobleme, hoofpyne, blaasprobleme en irritasies wat met reuke, lig, klanke en so meer gepaard gaan.

Leanne de Beer, een van die kursusgangers het die eenvoudige tegnieke op haarself getoets.

“Ek was verstom oor die uitkoms. Die kursus was werklik baie insiggewend en my Rakkers-klassie gaan beslis hierby kan baat,” het De Beer gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button