NewsSchoolsStreeknuus

Dupie-atleet is sesde in die land

Denver het soveel medaljes dat daar net nie genoeg plek is vir alles is nie.

Laerskool Du Preez van Wyk se atleet, Denver Catsman (13) het op 26 Maart aan die SA Atletiekkampioenskap in die PUK McArthur-stadium op Potchefstroom deelgeneem.

Uit 21 atlete is hy sesde in die land in hoogspring.

Denver het kort voor dié byeenkoms ’n eerste plek in hoogspring met ’n hoogte van 1.65m op die Gauteng Atletiekkampioenskap behaal.

Denver Catsman palm drie eerste plekke in by die distrik-byeenkoms wat by Hoërskool Erasmus aangebied is. (Foto: Verskaf)

Hy het op die SA Kampioenskap hy ’n groot oomblik beleef, want dit is die eerste jaar wat hy uiteindelik kon deelneem.

Vanjaar sluit hy ook by Hoërskool Menlo Park aan om voor te berei vir sy atletiekloopbaan daar in 2023.

Denver was ook bevoorreg om ’n handvol sessies by Tuks Universiteit deur Hugo Bardenhorst te ontvang met die hoogspring voordat hy aan die SA’s deelgeneem het.

Hy het by die distrikbyeenkoms ook eerste plekke in 80m-hekkies, hoogspring en verspring behaal waarna hy op die Gauteng Kampioenskap provinsiale kleure verwerf het.

Denver Catsman by die Gauteng Kampioenskap. (Foto: Verskaf)

Denver het ook op die Gauteng Kampioenskap vierde geëindig met ’n sprong van 5,42m..

Krieket en rugby was ook nog altyd ’n groot deel van sy lewe, maar hy het vanjaar besluit om voluit op sy atletiek te fokus.

Denver droom al van kleinsaf van wêreldroem in atletiek.

Related Articles

Back to top button