Dansers woon kamp in Limpopo by

Die kamp stel kinders aan verskeie dansvorme bloot.

Bronkhorstspruit se Studio 4 Dansskool het vanjaar vir die tweede keer die “Beyond the Barre”-danskamp bygewoon.

’n Totaal van 97 dansers van agt verskillende studios was deel van die danskamp wat by Jubaweni in Tuinplaas, Limpopo aangebied is.

Daar was ’n liggaam- kondisioneringklas, ’n verhoog-grimmeringklas, ’n Spaanse dansklas, ’n hip hop-klas en kontemporêre klas.

Elke jaar is daar nuwe interessante klasse en aanbieders.

Vanjaar se dansaanbieders was Danelle Muller, Carli Olivier en Armand Pretorius.

“Die kamp is om kinders bloot te stel aan verskillende dansvorme. Om saam met ander studios te dans en nuwe vriende te maak,” het dansafrigter Nanette Gouws laat hoor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version