Pretoria Buitelug Ekspo en Fees lok duisende

Daar is onder andere 40 000 proteas uitgestal deur die Penta Groep in samewerking met Japie van Staden van Doornkraal Proteas op Cullinan.

Pretoria Buitelug Ekspo en Fees het Vrydag, 22 April hul hekke geopen en duisende feesgangers verwelkom met sowat 230 uistallers wat smaaklike kos, ’n enorme snuffelmark en ’n magdom plaaslike produkte voorsien het.

Daar is onder andere 40 000 proteas uitgestal deur die Penta Groep in samewerking met Japie van Staden van Doornkraal Proteas op Cullinan.

Die Fees was propvol aktiwiteite en beslis een met verskeidenheid, veral met ’n biertuin wat dan ook gekomplimenteer is met ’n wyntuin en ’n teetuin.

Die fees het ook vanjaar met twee verhoë gespog waar van Suid-Afrika se grootste name in die musiekbedryf hul verskyning gemaak het.

Die hoof-verhoog het kunstenaars soos Jay, Lianie May, Appel, Bok van Blerk, Dirk van der Westhuizen, Refentse, Bernice West en Francois van Coke gehad.

Daar is vir die jongspan ’n pretpark met 12 verskillende ritte sowel as springkastele en gesigverf-pretigheid aangebied.

Die fees is in samewerking met MTN, Bidvest Protea Coin, Maroela Media, Pretoria FM en KykNET by Legends Adventure Farm oor ’n tydperk van drie dae aangebied.

Vir die magdom feesgangers wat nie kans gesien het om die paadjie na die hoof feesterein in hulle stapskoene aan te durf nie, is vervoer soos’n trekker-sleepwa, kindertreintjie of die MTN Party Bus gebied.

Die buitelug ekspo het die Yamaha Linex Lynwood-groep verwelkom wat dadelik besoekers se aandag getrek het met ’n verskeidenheid van bote en jetskis wat op die water gedobber het.

Die 4×4-baan het gesorg vir pret.

Feesgangers het hul eie 4×4 ingeskryf vir ’n kompetisie waar die manne en vroue gewys het waarvan hulle voertuige gemaak is.

Die Orpington Club SA het hul beste skouhoenders uitgestal en die klub het ook ’n lotery vir ’n braaiskaap aangebied.

Om in die buitelug sonder maskers die opelug in te asem en saam te kuier, het ’n ander atmosfeer tot gevolg gehad, veral omdat die feesgangers vir ’n lekker samekoms uitgehonger was.

Die feesterrein by Pretoria Buitelug Ekspo en Fees.
Chrissie Naudé pronk met drie koning proteas.
Kaleo Stevens King eet lekker spookasem.
Christa van Niekerk saam met Inna Zietsman tussen die proteas.
Neville Pretorius by hulle Easigrass grasbul.
Voorsitter van die Orpington Klub van SA, Manie van Wyk wys hoe lyk ’n skouhoender.
Mandy Cornilius met van haar vetplante.
Jaco Smit voer die gras Kameelperd.
Karel Du Plessis met sy geliefde kameel, Agarob.
Lida Bosch se hart klop proteas.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version