Local newsNewsStreeknuus

Winter klop aan die deur by die Delmas Diereskuiling

“Ons is baie dankbaar vir mense wat kat-en hondekos voorsien, maar soms vergeet hulle, of is hulle onbewus daarvan dat ons ook plaasdiere versorg.”

Die ma- en dogterspan, Jorinda en Jolandie Verwey, van die Delmas Diereskuiling versorg nie net troeteldiere nie, maar ook plaasdiere.

Met die steeds blywende reën en die koue van die winter om die draai, benodig die vroue van die diereskuiling dringend hulp.

“Ons vra tans vir die skenking van voerbale omr ons plaasdiere deur die koue winter van kos te kan voorsien.”

“Ons is baie dankbaar vir mense wat kat- en hondekos voorsien, maar soms vergeet hulle, of is hulle onbewus daarvan dat ons ook plaasdiere versorg.”

Volgens Jolandie, benodig hulle sowat 32 bale voer om hulle deur die winter te sien.

Die nat toestande duidelik sigbaar wat tans by die Delmas Diereskuiling na die onlangse reën heers. (Foto: Verskaf)

Sy het verduidelik dat hulle tans laag hardloop op alle kos, dit sluit hondekos en katkos ook in. Hulle vra daarom die publiek vir dringende donasies.

“Met die onlangse deurdringende reën het ons diere se komberse en hokke boonop ook nat gereën. Enige skenkings van komberse sal dus ook waardeer word.

“Ons besef dit is soms moeilik vir die publiek om donasies by ons af te lewer weens van die ligging van die perseel. Die paaie raak ook onbegaanbaar wanneer dit reën.

“Laat weet gerus, ons sal ook kom oplaai.”

Skenkings in die vorm van kontant is ook baie welkom.

Die Delmas Diereskuiling is ’n niewinsgewende organisasie (NWO 2018\275291\08)

As jy die skuiling wil bystaan, skakel vir Jorinda by 076 808 6684.

Jorinda het genoem dat hulle nie altyd dadelik hul selfone kan antwoord nie omdat die versorging van die diere hulle baie besig hou.
In dié geval, kan ’n Whatsapp gestuur word.

“Baie dankie aan almal se ondersteuning aan die Delmas Diereskuiling. Elke bydrae word opreg waardeer.”

Kontant-skenkings kan in die volgende rekening inbetaal word:
Delmas Animal Shelter
Eerste Nasionale Bank
Tjek rekening nommer: 627666 08 255
Verwysing: Bale

Hier is van die perde te sien wat deur die Delmas Diereskuiling versorg word. (Foto: Verskaf)

Related Articles

Back to top button