EntertainmentLifestyleNewsStreeknuus

Pretoria Buitelug Ekspo en Fees vind die naweek plaas

Kaartjies is aanlyn en by die hek ook beskikbaar.

Trek jou vellies aan en besoek die Pretoria Buitelug Ekspo en Fees dié naweek.

Die feesterrein beloof om by elke hoek en draai iets vir die oog uit te stal.

Kaartjies is aanlyn en by die hek ook beskikbaar.

Die kinders sal die pretpark geniet. (Foto: Verskaf)

Plaaslike entrepreneurs word deur die fees ondersteun met ’n magdom produkte wat ten toon gestel gaan word.

Sowat 40 000 proteas sal ook te siene wees.

Daar is verskeidenheid aktiwiteite vir die hele gesin.

Van Suid-Afrika se grootste name in die musiekbedryf sal feesgangers op twee verskillende verhoë vemaak.

Die span van Nissan GTR sal vir adrenalien-ritte sorg. (Foto: Verskaf)

Die enorme biertuin, ’n teetuin en wyntuin sal mekaar komplimenteer en in elke voorkeur voorsien.

Die fees word in samewerking met MTN, Bidvest Protea Coin, Maroela Media, Pretoria FM en Kyknet by Legends Adventure Farm aangebied.

Die terrein is vir die groenvingers soos hemel met al die plantlewe wat deur die Penta Groep in samewerking met Doornkraal Proteas moontlik gemaak is.

Die span van Nissan GTR sal vir adrenalien-ritte sorg. (Foto: Verskaf)

Die spoed- en waterliefhebbers se droom om die nuutste bote en jetskis op die mark te bekyk word ook deur Linex Lynwood Yamaha bewaarheid.

Daar sal ook ’n kans wees om saam met die Legend Sky-vliëeniers die ekspo vanuit die lug te aanskou of om saam met die manne van Nissan GTR stofwolke agter te los.

Daar is ook ’n opvoedkundige geleentheid wat alle reptiele insluit en Pretoria Caravans & Outdoor se groep spog met besonders woonwaens, ondermeer die EdgeOut teardrop-sleepwa.

Die skouhoenders van die Orpington Club SA kom deel selfs hul kekkel-harte met die gemeenskap.

Die fees is belaaid met talle aktiwiteite wat die ervaring een vir die boeke sal maak.

Moet dit nie hierdie naweek misloop nie.

4×4-geesdriftiges kan die hindernisbaan by die Pretoria Buitelug Ekspo en Fees aandurf. (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button