Bronkies se VLU-vroue deel vriendskap

’n Paar vroue het hier oor die jare hegte vriendinne geword.

Bronkhorstspruit se VLU bespreek die tema van vriendskap en die waarde daarvan in vandag se dae.

Hoe saai sou die lewe sonder vriende nie wees nie?” het dié vonkelvroue getuig.

“Vriende is lekker mense. Vriende verstaan. Vriende vra nie duisende vrae nie. Vriende aanvaar mens nes jy is.

“By vriende voel mens tuis en op jou gemak. Saam met vriende sien mens kans vir storms en stil tye. Die pad wat jy saam met ’n vriend bewandel is nie sonder slaggate nie, maar jy weet mos al lankal: twee vaar

beter as een. Om geluk te deel met ’n vriend is om dubbel gelukkig te wees,” het Elizabeth Kendall laat hoor.

Die dinamiese VLU-vroue van Bronkhorstspruit se Van Riebeecktak se blydskap is in oorvloed.

’n Paar vroue het hier oor die jare hegte vriendinne geword.

Hulle het eers as onderwysers by dieselfde skool gewerk en saam-saam die wa deur die drif getrek, kinders opgevoed en geleer. Nou, in hulle aftreejare, deel hulle mekaar se lief en leed.

“Ons leer voortdurend nuwe en uitdagende dinge waaraan ons blootgestel word in die VLU.

“Ons moedig mekaar aan. Ons geniet mekaar se stories. Ons lag dikwels en ons huil soms saam. Ons sien mekaar nie elke dag nie, maar ons wéét van mekaar. Soms is weet oorgenoeg.

Dis lekker om lang paaie saam met gawe mense te kan bewandel. Dis ’n geskenk uit die hemel,” het Kendall afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version