News

Bestuur van Bethal Sopkombuis sê dankie en vra dat mense Fun Fest bywoon

Ondersteun Bethal Fun Fest wat vandag en môre by Bethal Gholfklub plaasvind.

Die organiseerders van die Bethal Sopkombuis het die gemeenskap en ondernemings op Bethal bedank vir hul jaarlikse ondersteuning en borge.

Lettie Olivier wat die sopkombuis bestuur, het mense aangemoedig om die Bethal Fun Fest wat vandag (25 Maart) en môre (26 Maart) by Bethal Gholfklub plaasvind, by te woon omdat welsynsorganisasies by dié fees baat.

Olivier het gesê die Bethal Sopkombuis lewer ’n uiters noodsaaklike diens aan die gemeenskap van Bethal deur die voorsiening van kospakkies aan behoeftige gesinne.

Sy het verskeie mense, ondernemings en organisasies wat Solidariteit Helpende Hand asook AfriForum insluit, vir hul ondersteuning, bedank.

“Ons wil in die besonder dankie sê vir die organisering van die Bolton Visvangprojek wat ons finansieël ’n groot inspuiting gee.

“Sonder dié projek, sal die sopkombuis nie kan voortbestaan nie.

“Aan elke persoon wat die dag bygewoon het, asook elke persoon wat geld gegee het op dié dag, baie dankie.”

Sy het ook al die kerke en almal wat gereelds vleis, mieliemeel, groente, brood en klere skenk, bedank en al die mense wta weekliks help met kospakkies pak en uitdeel.

“Ek wil dan ook spesiaal dankie sê aan mnr. Briel vir die gratis perseel en Maruné van Vreden vir die gratis professionele dienste.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button