Hoërskool Ermelo wen interhoër op Secunda

Ermelo-atleet laat drie rekords spat.

Hoërskool Ermelo het behoorlik uitgeblink by die Interhoër-atletiekbyeenkoms wat op Saterdag, 19 Februarie by die Secunda Stadion plaasgevind het.

Hoërskool Oosterland het die byeenkoms aangebied en dié skool se skakelbeampte, Liné de Vries, het gesê dit was wonderlik om te sien hoe al die atlete kon deelneem nadat daar vir twee jaar nie atletiekbyeenkomste kon wees nie weens die Covid-19 pandemie.

“Daar was nie ’n geesbeker nie omdat ons die getalle moes beperk weens Covid-19-regulasies, maar aan die einde van die dag het die atlete spontaan op die veld gaan staan en saam gesing en dans,” het De Vries gesê.

Die skole wat deelgeneem het, is Hoërskool Rob Ferreira van Witrivier, Hoërskool Ermelo, Ligbron Akademie, Hoërskool Oosterland, Hoërskool Lydenburg, HTS Witbank, Hoërskool Middelburg en Heidelberg Volkskool.

Tyrone Berning van Hoërskool Ermelo (S0/16) het behoorlik geskitter en nuwe rekords opgestel in hoogspring, 400m en 400m hekkies.

De Vries het hul hoofborge, TWK Agri en Eskort, vir hul ondersteuning bedank.

Colban Calder van Hoërskool Oosterland in aksie in spiesgooi op Saterdag, 19 Februarie tydens Oosterland se interhoër-atletiekbyeenkoms.
Mpumi Sibanyoni van Hoërskool Oosterland is gereed vir ’n naelloop-item op Saterdag, 19 Februarie tydens Oosterland se interhoër-atletiekbyeenkoms. (Foto: René van Schalkwyk)
Colban Calder van Hoërskool Oosterland in aksie in spiesgooi op Saterdag, 19 Februarie tydens Oosterland se interhoër-atletiekbyeenkoms.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version