NewsSchoolsStreeknuus

Loffies maak hul leiers vir 2022 bekend

Die skoolhoof van Laerskool Eloff, me. Louise van Niekerk en personeel het die leiers baie geluk en voorspoed toegewens in die taak wat vir hulle gedurende die 2022-skooljaar voorlê.

Laerskool Eloff het hul leierskorps tydens ’n spoggeleentheid ingehuldig.

Trotse ouers kon op Donderdag, 27 Januarie die geleentheid in die skoolsaal bywoon.

Die nuwe hoofdogter is Inge Gerber en die hoofseun is Steven Smit.

Ander leiers is Shaun Mlotshwa, Nikita Bezuidenhout, Marzaan Conradie, Devon Stieger, Chané Ludik, Belle Mthembu, Bryan Potgieter, Mishané Naudé, Rohané Wolmarans, Diaan Erasmus, Tristan Labuschagne, Chanika Marais en Mbali Vilakazi.

Die hoof van Laerskool Eloff, me. Louise van Niekerk, en personeel het die leiers baie geluk en voorspoed toegewens in die taak wat vir hulle gedurende die 2022-skooljaar voorlê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button