Local newsNewsStreeknuus

Ma en dogter van Zusterstroom se bokboerdery bring vreugde en vele kase

"Ons het die bokkies met die liefde van ons lewe versorg, geniet en groot gemaak. My Bokelena's het elkeen 'n naam" het Hestie van Biljon gesê.

Hestie van Biljon en haar dogter, Betty, se kaasmaakliefde het in Oktober 2011 vlamgevat toe dié boervroue vyf British Alpine-bokke en kort daarna vyf Toggenburg-bokkies aangeskaf het.

Vanjaar maak hulle al vir 10 jaar voltyds bokmelkkaas sommer vir die lekkerte.

“Ons het die bokkies met die liefde van ons lewe versorg, geniet en groot gemaak. My Bokelena’s het elkeen ‘n naam” het Hestie van Biljon gesê.

Aanvanklik was die bokboerdery, Grace & Glory van stapel gestuur omdat dit lewensvatbaar is om op ‘n klein stukkie grond met bokke te boer, maar met tyd het dit ‘n semi-ferm wiel van gepasteuriseerde bokmelk wat sag, vaag-soet en verfrissend reguit is, geword.

“Ek is baie lief vir my bokke. Hulle is so bietjie soos my kinders. Hulle het elkeen ‘n unieke persoonlikheid,” het Hestie bygevoeg.

Die Van Biljon-vroue maak fetakaas in drie geure: skoon, met swartpeper en met grasuie.

Gouda word daar ook gemaak wat ‘n semi-harde kaas is.

“Ek maak een soos ‘n soetmelkkaas, een met komyn en een met koljander. Waarmee ek nou besig is, is een met soetrissie en met swartpeper.”

Hestie van Biljon op haar gelukkigste tussen haar bokke. (Foto: Verskaf)

Vir hierdie seisoen se cheddar het hulle met ‘n Colby-resep geëksperimenteer en geëindig met ‘n sagte cheddar-variasie met ‘n ryp geur.

“Dit kort nog ‘n naam, maar kaaskenners geniet dit,”het Hestie laat hoor.

Die resepte bestaan uit algemene metodes, maar deur eksperimentering is daar lekker resepte opgetower.

Sy het 10 tot 20 liter op haar stoof vir eie-gebruik gemaak en later was daar ‘n kaaspot aangeskaf.

Tans maak sy een keer ‘n week kaas met sowat 120 liter van verskillende mengsels.

Die handgemelkte suiwer bokmelk van Qodesh Bokkelina’s is in Zusterstroom te vind.

Al die kase en ander produkte word handgemaak in klein hoeveelhede van hormoonvrye melk.

Betty van Biljon saam Simoné. (Foto: Verskaf)

“Met elke mengel bring jou gemoed en hande ‘n verassingselement na vore.

“Die proses van kaasmaak is baie delikaat. Dit hang baie sterk af van die temperatuur waarop die melk is, hoe lank dit daar prit, hoe vinnig mens roer en soveel meer,” het Hestie opgewonde vertel.

Die kudde het in die 2014-melkseisoen tot 76 “melkmeisies” gegroei, maar weens die droogte en ander persoonlike omstandighede, het die Van Biljon-boerdery afgeskaal tot ‘n skamele 18 melkers en 12 lammers.

“The Cheesery”, vorm deel van ‘n klein boerdery-onderneming wat deur familie besit en bedryf word met die doel om gehalte, volhoubare plattelandse lewe te verseker.

Die meerderheid bokkase staan bekend as cherve, wat “bok” beteken en gereeld na bokkaas verwys.

Die kenmerkende, aardse geur van bokkaas het wonderlike subtiele variasies.

Kortman Mahlangu wat die 18 melkbokke melk.

In vergelyking met koeimelkprodukte, soos roomkaas, is bokkaas laer in vet, kalorieë en cholesterol. Dit verskaf ook meer kalsium as roomkaas.

Al het bokkaas minder kalorieë, het dit ‘n vol, ryk en romerige geur.

Vanweë sy spesiale samestelling,word bokmelk en bokmelkkase maklik verteer.

Dié ma en dogter spesialiseer egter in chevre – gemaak met vars bokmelk wat natuurlik oornag gestol word, gedreineer en dan in stompe gevorm word.

Hierdie kaas word gekenmerk deur ‘n eenvoudige, sagte, vars bokmelk-geur en is hoogs veelsydig as ‘n bestanddeel: dit kan in enige gereg gevul, gesmeer, gekors, verkrummel of geëmulgeer word; soet of sout.

Dit is die perfekte plaasvervanger in alle resepte wat roomkaas of selfs gladde maaskaas benodig – maak ook goddelike kaaskoek.

Chevre en ander bokkase word soms in olyfolie en kruie verpak en is heerlik om op brood te eet, of in slaai te gebruik.

Daar is tans die verskeie variasies wat deur die dinamiese kaasmakers aangebied word.

“Ons het die gewone variasie of met roosmaryn en olywe, bosbessie, soetrissie, Italiaanse kruie, swartpeper en met biltong.”

‘n Kaasbord met verskillende handgemaakte kase. (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button