NewsSchools

Hoërskool Secunda hou interhuis

Huis Hydro wen byeenkoms.

Atlete van Hoërskool Secunda het op Donderdag, 13 Januarie hul atletiekseisoen afgeskop met hul jaarlikse interhuis-atletiekbyeenkoms by die Secunda Stadion.

Hoërskool Secunda het vanjaar vir die eerste keer vyf huise of spanne.

Huis Hydro en Huis Nitro is die twee splinternuwe spanne wat by Huis Olie, Huis Diesel en Huis Petrol aangesluit het.

Dié opdeling van die huise gaan nie net geld vir atletiek nie, maar ook vir kultuur en akademiese aktiwiteite.

Die doel daarvan is om meer leerders aan te moedig om aan al die skool se aktiwiteite deel te neem.

Huis Hydro het die atletiekbyeekoms gewen met ’n totaal van 681.5 punte terwyl Huis Diesel tweede geëindig het met 676 punte, Huis Olie derde met 667 punte, Huis Petrol vierde met 607.5 punte en Huis Nitro vyfde met 587 punte.

Die beste atlete vir die dag is Matsidiso Makgato (victrix ludorum junior-dogter), Lerato Kekana (victrix ludorum senior-dogter), Siyanda Mhlanga (victor lodorum junior-seun) en Siyanda Mkhonza (victor lodorum senior-seun).

Die ander atlete wat prestasies behaal het, is Twané Kruger (beste naelloper: junior-dogter, 100m), Mhlanga (beste naelloper: junior-seun, 100m en beste hekkiesatleet, junior-seun, 100m-hekkies), Kekana (beste naelloper: senior-dogter, 200m en beste spronge-atleet: senior-dogter, hoogsrping), Mkhonza (beste naelloper: senior-seun, 200m), Makgato (beste hekkiesatleet: junior-dogter, 90m-hekkies en beste spronge-atleet: junior-dogter, verspring), Vimbi Chivunga (beste hekkiesatleet: senior-dogter, 100m-hekkies), Tiaan de la Rey (beste hekkiesatleet: senior-seun, 110m-hekkies), Lu-Mari du Plessis (beste middel- en langafstandatleet junior dogter, 800m), Wege Viljoen (beste middel- en langafstandatleet junior seun, 1 500m), Liane Parkes (beste middel- en langafstandatleet senior dogter, 3 000m), Jordan Webb (beste middel- en langafstandatleet: senior-seun, 3 000m), Siyabonga Simelane (beste spronge-atleet: junior-seun, verspring), Ryan Erasmus (beste spronge-atleet: senior-seun, verspring), Heide-Mari Jooste (beste worpe-atleet: junior-dogter, gewigstoot), Lucas Loots (beste worpe-atleet: junior-seun, gewigstoot), Tatijana Kruger (beste worpe-atleet: senior-dogter, gewigstoot) en Stefan Bezuidenhout (beste worpe-atleet: senior-seun, gewigstoot).

Lana Hyman in aksie in die spiesgooi vir D0/17 tydens Hoërskool Secunda se interhuis-atletiekbyeenkoms op Donderdag, 13 Januarie.
Lerika Bronkhorst neem op Donderdag, 13 Janurie deel aan gewigstoot vir D0/15 by Hoërskool Secunda se interhuis-atletiekbyeenkoms.
Lana Hyman is gereed om spies te gooi vir D0/17 op Donderag, 13 Januarie tydens Hoërskool Secunda se interhuis-atletiekbyeenkoms.

Kliek hier om meer fotos in ons fotogalery te sien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button