Local newsNews

Laerskool Secunda se Marietha Cole groet met kos, klavier en lekker samesyn

Haar doelwit was altyd om kinders se lewens te raak en hulle in hulself te laat glo.

Eerder as ‘n afskeidgeleentheid, het Laerskool Secunda op Saterdag, 6 November, ‘n viering van me. Marietha Cole se loopbaan gehou om haar te groet.

Me. Cole tree na meer as vier dekades in die onderwys af.

Twee langtafels met uitgesoekte gaste is dié aand by Symphony’s koffiewinkel met ‘n geurige driegang-maal, wyn en klavierspel en vermaak deur Rocco de Villiers getrakteer.

Mnr. Paul van den Berg was die seremoniemeester.

Past. Roland Jones het die verrigtinge met gebed geopen.

Mnr. Melvin Jones, die beheerliggaamvoorsitter, het in sy toespraak 10 dinge genoem waarna hulle in ‘n nuwe hoof sal moet soek.

Volgens mnr. Jones, moet dié persoon great wees, purposeful happiness hê, goeie oordeel beskik, toeganklik, aanpasbaar, veerkragtig, bedrywig, inspirerend en positief, en charismaties en vriendelik wees, en boonop harmonie kan bring.

Mnr. Jones het aanbeveel dat me. Cole hierdie “10-stapplan” vir haar aftrede volg.

“Marietha, jy moet dus net jouself wees – wees awesome.”

Mnr. Pieter Venter wat as me. Cole se mentor bestempel is, het ook ‘n spreekbeurt gekry.

Hy het oor haar loopbaan in die onderwys, en die tye toe sy haar eie onderneming begin het, uitgebrei.

Me. Cole en haar man, John, ook ‘n afgetrede onderwyser, het in 1980 op Secunda kom vestig en volgens haar is hulle nie van plan om nou, met haar aftrede, die dorp te verlaat nie.

Sy het dié aand gesê haar doelwit was altyd om kinders se lewens te raak en hulle in hulself te laat glo.

Sy het ‘n pittige staaltjie vertel van die dag toe sy as hoof by Laerskool Secunda aan die kinders voorgestel is en een kleinding die volgende kwytgeraak het: “Hoe kan ‘n juffrou dan ‘n meneer-hoof wees?”

Me. Cole het ‘n paar keer tydens haar toespraak die trane weggesluk.

Sy het eers haar Hemelse Vader bedank. Daarna het sy haar ouers, man, kinders en kleinkinders vir hul ondersteuning deur die jare bedank.

Sy sien uit na die tyd wat sy nou saam met haar man gaan bestee.

Sy het seënwese oor die gaste, personeel, die skool, ouers en die leersders uitgespreek.

Rocco de Villiers het hierna opgetree.

Mnr. Paul van den Berg bedank me. Julia Venter (eienaar van Symphony’s) vir die haar span se harde werk.
Rocco de Villiers bekoor met sy klavierspel.
Mnr. Paul van den Berg van Laerskool Secunda verwelkom gaste by me. Marietha Cole se afskeidsfunkie.
Me. Marietha Cole (hoof van Laerskool Secunda) is uitgelate op haar afskeidsfunksie op 6 November.
Mnr. Melvin Jones (beheerraadvoorsitter van Laerskool Secunda) is aan die woord by me. Marietha Cole se afskeidsfunksie op Saterdag, 6 November.
Mnr. Pieter Venter vertel die gaste oor me. Marietha Cole se loopbaan.
Rocco de Villiers vertel die gehoor waar sy lied, Kort broek lang kouse, vandaan kom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button