Laerskool Standerton het tydens hul meriete-aand toekennings aan verskeie leerders oorhandig.
Marli van Vuren is as Dux-leerling aangewys, as die beste kultuurdogter, beste redenaar in gr. 6 – 7 en het ook die beste in gr. 7 presteer.
Andrea du Plessis is as beste landloopatleet aangewys en RJ Kinnear as beste gholfspeler.
Mia Swart het ’n toekenning as beste spreker in gr.1 – 3 ontvang en Anelga Swart as beste spreker in gr. 4 – 5.
Die individuele akademiese presteerders in gr. 4 was Daleney Grobbelaar, Lea Tonkin en Wandisile Mahlangu.
In gr. 5 was die presteerders Stephan van Vuren, Zané Kapp en Danica du Preez.
In gr. 6 was die presteerders Susan Cawood, Simoné du Plessis en Elri Fourie.
Marli van Vuren was eerste in gr. 7, gevolg deur Lee-Anne van Vuren en Mary Cawood.
Die beste prestasietoekenning in wiskunde in gr. 7 het aan Chanelle Brits gegaan.
Die beste prestasietoekenning in Afrikaans (eerste addisionele taal) het aan Mpilo Mlangeni gegaan en beste prestasietoekenning in Engels (huistaal) aan Oratile Motaung.