NewsSchools

Laerskool Standerton oorhandig toekennings by meriete-aand

Marli van Vuren is as Dux-leerling aangewys, as die beste kultuurdogter, as beste redenaar in gr. 6 - 7 en het ook die beste in gr. 7 presteer.

Laerskool Standerton het tydens hul meriete-aand toekennings aan verskeie leerders oorhandig.

Marli van Vuren is as Dux-leerling aangewys, as die beste kultuurdogter, beste redenaar in gr. 6 – 7 en het ook die beste in gr. 7 presteer.

Andrea du Plessis is as beste landloopatleet aangewys en RJ Kinnear as beste gholfspeler.

Mia Swart het ’n toekenning as beste spreker in gr.1 – 3 ontvang en Anelga Swart as beste spreker in gr. 4 – 5.

Die individuele akademiese presteerders in gr. 4 was Daleney Grobbelaar, Lea Tonkin en Wandisile Mahlangu.

In gr. 5 was die presteerders Stephan van Vuren, Zané Kapp en Danica du Preez.

In gr. 6 was die presteerders Susan Cawood, Simoné du Plessis en Elri Fourie.

Marli van Vuren was eerste in gr. 7, gevolg deur Lee-Anne van Vuren en Mary Cawood.

Die beste prestasietoekenning in wiskunde in gr. 7 het aan Chanelle Brits gegaan.

Die beste prestasietoekenning in Afrikaans (eerste addisionele taal) het aan Mpilo Mlangeni gegaan en beste prestasietoekenning in Engels (huistaal) aan Oratile Motaung.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button