Local newsNews

Alex van Rooyen van Standerton vertel van die wonderwerke in sy lewe

Dié oortuigde Christen-egpaar het ’n verdieping in hul geloofslewe beleef.

Mnr. Alex van Rooyen, onderwyser by Hoërskool Standerton, het sy herstel na ’n breinbesering onomwonde aan Goddelike ingryping toegeskryf.

“As die aneurimse ’n halfuur vroeër of ’n halfuur later gebars het, het ek dit beslis nie oorleef nie,” het mnr. Van Rooyen vertel.

’n Sameloop van omstandighede het daartoe gelei dat ’n doktersafspraak vir 22 Oktober 2019 gemaak is nadat hy besluit het om mediese hulp in te win vir sy hoofpyn.

’n Migrainespuit het nie die gewenste uitwerking gehad nie.

“Ek het die Maandagoggend nie lekker gevoel nie en die afspraak vir die volgende dag gemaak.”

Mnr. Van Rooyen het sy bewussyn in ’n dokterspreekkamer verloor waarna hy dadelik gestabiliseer is.

’n Geruime tyd is in ’n intensiewe sorgeenheid van ’n hospitaal aan die Rand deurgebring voordat hy na rehabilitasiesentrums in Kensington en Vereeniging oorgeplaas is.

“Hy moes in Kensington letterlik van voor af leer loop,” het sy vrou, Suzette, vertel.

“Alex was ’n rapsie meer as 80 dae weg van die huis.

“Ons het gepraat van ‘Around the world in 80 days’.”

Die Van Rooyens, seuns PM en Johan inkluis, kon hom eers Kersdag in die rehabilitasiesentrum in Vereeniging besoek.

“Dit was die lekkerste Kersdag ooit omdat ons almal hom kon sien,” het Suzette gesê.

In Mei vanjaar is hy ook positief vir die koronavirus getoets.

“Ek het vier dae na die uitslag ’n grieplyf ontwikkel wat vir twee dae geduur het.”

Alex het sy dankbaarheid teenoor die Allerhoogste uitgespreek dat hy nie so siek soos sommige ander mense geword het nie.

Sy korttermyngeheue het ’n knou weg, maar sy gesondheid is andersins goed.

“Ek kan nie die dag onthou wat ek ontslaan is nie,” het Alex gesê.

Hospitale, rehabilitasiesentrums, ’n rolstoel en loopraam is iets van die verlede en hy is terug by SHS.

“Ek het die laaste twee jaar geleer om aanpassings te maak,” het Alex bygevoeg.

Dié oortuigde Christen-egpaar het ’n verdieping in hul geloofslewe beleef.

“Ek beskou elke dag as ’n seëning om saam met my mense te wees.” het Alex mee afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button