KYK VIDEOS: Hoogie-matrieks bank laaste dag van skool

“Ek vermoed dit is nie al die matriek-leerders wat huis toe gestuur is nie, maar net ’n groepie.”

Van die matriekleerders van Hoërskool Hoogenhout het vandag (Donderdag, 14 Oktober) hul laaste dag van skool gebank.

Een van die ouers het gesê dit is omdat die skoolhoof hulle nie wou toelaat om in gewone klere skool toe te gaan nie.

Me. Marica Schoeman, departementshoof by Hoogenhout, het gesê die ouers is bewus daarvan dat van die leerders nie by die skool toegelaat is nie omdat hulle veronderstel was om in hul skooluniforms geklee te wees en toe besluit het om ‘40 Days’ te hou en in gewone klere opgedaag het.

“Ons het vir die ouers SMSe uitgestuur om hulle in te lig,” het me. Schoeman gesê.

“Ek vermoed dit is nie al die matriek-leerders wat huis toe gestuur is nie, maar net ’n groepie.”

Sover me. Schoeman kon aflei, het van die matriek-leerders volgens ’n Hawaii-tema aangetrek.

Volgens een van die ouers het die leerders vir die dag by Bethaldam gaan uitspan.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version