Local newsNews

OPVOLG – Daniel Kerswell is ontslaan uit die hospitaal

Sy ma, me. Danelle Kerswell het op die gebedsgroep wat op facebook vir Daniel geskep is, vertel dat hy nog baie swak is en slegs vir ’n kort tydperk alleen mag loop en glad nie sonder toesig mag loop nie.

ERMELO – Daniel Kerswell (2) is vroeër vandag, 21 September uit die Steve Biko Hospitaal in Pretoria ontslaan.

Sy ma, me. Danelle Kerswell het op die gebedsgroep wat op facebook vir Daniel geskep is, vertel dat hy nog baie swak is en slegs vir ’n kort tydperk alleen mag loop en glad nie sonder toesig mag loop nie.

Hy moet steeds die stut dra om sy arm te ondersteun.

Daniel se pediater in Ermelo het versoek om hom te sien, sodat hy ook gemoedsrus kan hê oor Daniel se toestand.

“Ons kan nie wag om jou vanaand lekker te bad en hare te was nie,” he me. Kerswell gedeel.

LEES OOK: Daniel stabiel na fratsongeluk, jafelverkoping word geloods om geld in te samel

LEES OOK: {OPVOLG} – Dokters beoog om Daniel van ventilator af te haal

“Ongelooflik baie dankie vir almal in die gemeenskap se ondersteunning.”

Die Hoëvelder het vroeër berig dat Daniel op 5 September tydens ’n fratsongeluk by hul huis raakgery is.

Hy het agter sy pa se voertuig beland en het verskeie breuke en skade aan sy longe opgedoen.

Daniel is oorgeplaas na Steve Biko Hospitaal in Pretoria.

Die gesin beskik nie oor ‘n mediese fonds nie.

Enige persoon wat ‘n bydrae vir Daniel se mediese uitgawes wil maak, kan van die rekening gebruikmaak:

D Spies, ABSA, Spaar rekening, Rekening nommer: 878163060, Verwysing: Daniel.

 

Related Articles

Back to top button