Local newsNews

Opvolg – Daniel Kerswell hopelik een van die dae by die huis

Daniel het almal se verwagtinge oortef en is op September 16 op gewone stuurstof geplaas.

ERMELO – Daniel Kerswell (2) wat ernstig beseer is tydens ’n fratsongeluk op 5 September, se ouers glo dat hy binnekort terug by die huis sal wees.

Hy is op 17 September na ’n gewone saal geskuif, en is al byna twee weke in die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria.

Sy ma, me. Danelle Kerswell het op ’n gebedsgroep wat vir Daniel geskep is geskryf dat hulle baie opgewonde en dankbaar is dat hy uit die intensiewe-eenheid is.

“Een van die dae is jy terug by jou huis, waar jy hoort,” het sy geskryf.

Daniel het op 13 September uit verdowing begin ontwaak, en dadelik begin huil toe hy sy ma sien.

Die dreiningspype is sowat drie dae later uit sy longe gehaal.

Me. Danelle Kerswell en Daniel Kerswell in die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria. (Foto: Verskaf)

Hy het aanvanklik sonder die ventilator swaar asem gehaal, en dokter het hom goed gemonitor.

Daniel het almal se verwagtinge oortef en is op September 16 op gewone stuurstof geplaas.

Hy het tydens sy pa, mnr. Paul Kerswell se besoek sy arms om sy pa gegooi en wou uit die bed klim.

Sy ouers kon hom teen die tyd nog nie opgetel het nie, as gevolg van ’n kateter wat hy ingehad het.

Vir die eerste keer in twee weke kon sy ma hom op 18 September optel en vashou.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button