NewsSchools

EHS-redenaars presteer tydens Oppie-Tong-Af Redenaarskompetisie

Vyf leerders van EHS het deurgedring na die nasionale eindronde wat vanaf 12 tot 20 Oktober in Midrand sal plaasvind.

ERMELO – Agt leerders van Hoërskool Ermelo het onlangs aan die provinsiale uitdunne van die Oppie Tong Af Redenaarskompetisie deelgeneem.

Dié leerders het in die individuele toespraakafdelings meegeding.

Die deelnemers moes toesprake van sowat vyf tot sewe minute lewer.

Dit het uit oorredende, motiverende, vermaaklikheids- en onvoorbereide toesprake bestaan.

Die leerders het ’n uur voor die kompetisie hul onderwerpe ontvang.

Hulle het ook aan die uitdagende Goue Tong-afdeling deelgeneem, waar die leerders hul onderwerpe vyf minute voor die kompetisie begin, ontvang het.

Vyf leerders van EHS het na die nasionale eindronde wat vanaf 12 tot 20 Oktober in Midrand sal plaasvind, deurgedring.

Chrizanne Joubert, ‘n gr. 9-leerder, het 90% in die oorredende toespraakafdeling behaal.

In die gr. 10-afdeling het Mienke Cloete 91% vir ‘n oorredende toespraak, Zané du Plessis 90% vir ‘n onvoorbereide toespraak, Raees Tikly 90% vir ‘n motiverende toespraak, Zanéke Ludick 90%

vir ‘n oorredende toespraak en Zané du Plessis 89% in die Goue Tong-afdeling behaal.

Mnr. Pieter Grobler, EHS se skoolhoof, het die leerders gelukgewens en hulle alle sterkte met hul voorbereiding vir die nasionale kompetisie toegewens.

Related Articles

Back to top button