Local newsNews

OPVOLG – Vierjarige boetie van Daniel Kerwell: Liewe Jesus asseblief maak my boetie gesond

Sy ma, me. Danelle Kerswell het vertel dat Daniel nog baie swaar kry sonder die ventilator, maar dat die dokters hom deeglik waarneem. 

ERMELO – Daniel Kerswell (2) het 13 September sy oë oopgemaak en dokters het hom twee dae later van die ventilator afgehaal.

Sy ma, me. Danelle Kerswell het vertel dat Daniel se longetjies nog baie swaar kry sonder die ventilator, maar dat die dokters hom deeglik waarneem.

“Hy is wakker, maar ons kan sien dat hy nog baie swak is.”

LEES OOK: Daniel stabiel na fratsongeluk, jafelverkoping word geloods om geld in te samel

Me. Kerwell het op die gebedsgroep wat vir Daniel geskep is, vertel dat Daniel se ouer broer, Aydin (4) haar sien huil het, waarna hy gevra het of hy vir Daniel kan bid.

Daniel Kerswell (1) en sy broer Aydin Kerswell (4). (Foto: Verskaf)

“Liewe Jesus asseblief maak my boetie gesond, ek het hom nog nodig en my mamma mis hom so baie. Asseblief bring hom gou huistoe,” het die vier-jarige Aydin gebid.

LEES OOK: {OPVOLG} – Dokters beoog om Daniel van ventilator af te haal

Die Hoëvelder het vroeër berig dat Daniel op 5 September tydens ’n fratsongeluk by hul huis raakgery is.

Hy het agter sy pa se voertuig beland en het verskeie breuke en skade aan sy longe opgedoen.

Daniel is oorgeplaas na Steve Biko Hospitaal in Pretoria.

Die gesin beskik nie oor ‘n mediese fonds nie.

Enige persoon wat ‘n bydrae vir Daniel se mediese uitgawes wil maak, kan van die rekening gebruikmaak:

D Spies, ABSA, Spaar rekening, Rekening nommer: 878163060, Verwysing: Daniel.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button