CrimeNews

Gewapende verdagtes beroof winkel by Ermelo Mall van R21 000 en vyf selfone

Die verdagtes het die assistentbestuurder opdrag gegee om die kasregister oop te maak, waarna hulle kontant ter waarde van R21 000 uit die kasregister, sowel as vyf selfone (wat aan werknemers behoort het) geneem het.

ERMELO – Vier mans het spore gemaak ná ’n gewapende rooftog by ’n winkel by Ermelo Mall op 3 September.

Volgens kapt. Carla Prinsloo, die woordvoerder van die Ermelo-polisie, het vier mans die klerewinkel binnegegaan en onder valse voorwendsels hulself as klante voorgedoen.

Twee van die mans het met items na die paskamer gegaan, en daarna die kassiere genader hom daarvoor te “betaal”.

“Een man het na die paskamer teruggekeer en gesê dat hy iets vergeet het. Met sy terugkoms het hy na bewering ’n vuurwapen op die kassier gerig,” het kapt. Prinsloo gesê.

Die mans het die assistentbestuurder opdrag gegee om die kasregister oop te maak, en het kontant ter waarde van R21 000 uit die kasregister gesteel, sowel as vyf selfone wat aan die werknemers behoort het, voordat hulle gevlug het.

Kapt. Prinsloo meld dat polisie dié voorval ondersoek.

’n Winkel by die Boxer Sentrum is óók die afgelope naweek beroof.

In die kluise het hulle selfone en internet-roeteerders gebuit, asook geld en selfone van werknemers en klante.

Lees elders in Hoëvelder meer hieroor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button