Ouers vra vir gebed na twee-jarige raakgery is in Ermelo

"Toe ek opkyk was Daniel weg en toe uithardloop het hy bewusteloos agter die Kar gelê," het me. Kerswell vertel. 

ERMELO – Me. Danelle Kerswell vra inwoners om vir hul twee-jarige seun, Daniel, te bid nadat hy vroeër vandag raakgery is.

Volgens me. Kerswell wou haar man ry, en sy en haar twee seuns was besig om ontbyt te maak.  

“Toe ek opkyk was Daniel weg en toe ek uithardloop het hy bewusteloos agter die kar gelê,” het me. Kerswell vertel.

Hy is in die hospitaal opgeneem, waarna verskeie toetse gedoen is.  

Daniel het ‘n gebreekte sleutelbeen en heup en sy longe is beskadig.  .

LEES OOK: Daniel stabiel na fratsongeluk, jaffel-verkoping word geloods om geld in te samel

Die gesin beskik nie oor ‘n mediese fonds nie.  

‘n Covid-19 toets is gedoen en sodra die uitslae beskikbaar is sal Daniel na Steve Biko Hospitaal oorgeplaas word.

Enige persoon wat ‘n bydrae vir Daniel se mediese uitgawes wil maak, kan die rekening gebruik.  

D Spies, ABSA, Spaar rekening, Rekening nommer: 878163060, Verwysing: Daniel. 

Lees meer oor Daniel in die Hoëvelder.

Exit mobile version