OPVOLG – Elna de Beer van Ermelo verheug nadat man uit hospitaal ontslaan is

Die gesin wat nie oor ’n mediesefonds beskik nie, het op 10 Augustus weer ’n rekening van sowat R100 000 van die hospitaal ontvang. 

Mnr. Hendrik de Beer, wie onlangs met Covid-19 by die MedForum kliniek in die ICU-eenheid opgeneem is en op ’n ventilator geplaas is, is op 16 Augustus uit die hospitaal ontslaan. 

Sy vrou, me. Elna de Beer het vertel dat sy haar man op 14 Augustus by die hospitaal besoek het, en van vreugde oorweldig was toe sy verneem het dat hy ontwaak het. 

Hy was onder sedasie geplaas ten tyde van sy opname in die hospitaal.

LEES OOK: Ermelo vrou: “Ek is bang die hospitaal sit die masjiene af omdat ons nie meer kan betaal nie”

“Die dokters het gesê  dat dit ’n wonderwerk is dat hy wakker geword het,” het me. De Beer vertel. 

Sy het die gemeenskap gevra om asseblief aan te hou bid vir hom.

“Hoewel ons nog baie geld benodig om die mediese uitgawes te dek, is die belangrikste dat my man ontslaan is.”

Die gesin wat nie oor ’n mediesefonds beskik nie, het op 10 Augustus ’n rekening van sowat R100 000 van die hospitaal ontvang. 

Die uitstaande bedrag op die rekening is R69 000. 

Me. De Beer het almal wat hulle reeds finansieël bygestaan het bedank vir hul goedhartigheid.

Enige iemand wat me. De Beer kan of wil help kan gelde inbetaal by; 

Medforum Medi Clinic
Absa Bank 
013 869 900 73
Verwysing: HS de Beer 

Lees die volledige berig oor mnr. De Beer se toestand in die Hoëvelder. 

Exit mobile version