Local newsNews

Onderneming skenk 150 komberse aan liefdadigheidsorganisasie

Raak betrokke by nie-winsgewende organisasie.

TMS Group Industrial Services het 150 komberse aan die nie-winsgewende organisasie, Secunda Skenk vir Liefdadigheid, geskenk om aan behoeftiges uit te deel.

Me. Ismarelda Kruger, stigter van Secunda Skenk vir Liefdadigheid, en haar span het reeds komberse aan inwoners van Davieshof uitgedeel asook Laerskool Secunda, hawelose mense op Secunda en twee behoeftige gesinne.

Sy beplan om nog na Trichardtsfonteindam te gaan om daar ook komberse te gaan uitdeel asook by die Visser-woonstelle op Trichardt.

As jy by Secunde Skenk vir Liefdadigheid betrokke wil raak, of hulle wil ondersteun, skakel me. Kruger by 083 568 3069.

Related Articles

Back to top button