Fratsongeluk verander koers van Frané Swart van Ermelo se lewe drasties

Haar lewe het egter op 21 Oktober 2011 ’n ander rigting ingeslaan, toe ’n klimraam tydens ’n fratsongeluk op haar nek val en haar bewusteloos laat.

Frané Swart (17), ’n gr.11-leerder van Hoërskool Ermelo, het onlangs tydens die Suid-Afrikaanse Paralimpiese Spele drie goue medaljes ingepalm.

As jong meisie was sy met vuilvoete en deurmekaar hare, ’n regte plaasmeisie wat vir niks teruggestaan het nie.

Haar lewe het egter op 21 Oktober 2011 ’n ander rigting ingeslaan, toe ’n klimraam tydens ’n fratsongeluk op haar nek val en haar bewusteloos laat.

Frané en haar jonger suster, Elizma (toé 4) en ouer broer GJ (toé 9) het soos elke ander dag hulself vermaak op die plaas en het op hul klimraam geklim en klouer, salig onbewus van die ongeluk wat binnekort sou volg.

Soos blits was die drie op die klimraam, maar GJ het gou besef dat die klimraam onstabiel is en het sy susters gewaarsku om af te klim.

Hy het hul jongste suster gehelp om af te klim, waarna Frané besluit het om sommer af te spring.

Frané het vertel: “Soos ek gespring het, het die klimraam getilt en begin val, ek het op my knieg geland en was te stadig om op te staan.”

Die klimraam het op haar nek geland en sy was bewusteloos.

Haar ouers het met haar na die naaste hospitaal gejaag, wat hulle meegedeel het dat daar niks is wat hulle vir Frané kan doen nie.

Sy is oorgeplaas na Trichardt waar ’n MRI gedoen is en die dokters het die skokkende nuus dat sy ’n parapleeg gaan wees aan haar ouers oorgedra.

Frané wat steeds bewusteloos was, is die volgende dag oorgeplaas na Meulmed Hospitaal is Pretoria, waar sy in die intensiewe eenheid opgeneem is.

“Toe ek wakker word, kon ek net my oë knip en my mond beweeg.”

Lees in volgende week se Hoëvelder hoe Frané hierdie uitdagings oorkom het.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version