Local newsNews

Ermelo Fotoklub plaas hul fokus op landskappe

Al die fotograwe het soos oudergewoonte treffende foto’s ingeskryf vir vandeesmaand se kompetisie.

Ermelo se fotograwe word maandeliks in die Hoëvelder vereer vir hul pragtige foto’s.

Die Ermelo Fotoklub het weer in Junie hul maandelikse vergadering, as gevolg van Covid-19 regulasies, virtueel aangebied.

Foto’s is aanlyn in gestuur en deur mnr. Danie Smit van Secunda beoordeel.

SIEN OOK: GALLERY – Ermelo fotograwe sit beste foto’s voor

Al die fotograwe het soos oudergewoonte treffende foto’s ingeskryf vir vandeesmaand se kompetisie.

Die vasgestelde onderwerp vir vandeesmaand was landskappe.

Mnr. Dirkie van Staden het die junior-afdeling met sy foto, Seascape at Sunset, gewen en mnr. Leon Drotsky se foto, Anchored gondolas, het die senior-afdeling gewen.

Wil jy ook by die klub aansluit en jou foto-kennis verbreed? Stuur dan ’n epos na ermelofotoklub18@gmail vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button