MunicipalNews

Inwoners in ’n blok in Charl Cillierstraat op Standerton al ’n maand sonder water

Hy meld dit daagliks by die werkswinkel van die munisipaliteit op die Johannesburg-pad aan, met weinig resultate.

Mnr. Danie Combrinck van Charl Cilliersstraat weet nie meer herwaarts of derwaarts wat watervoorsiening betref nie.

Die lyn van die waterhooflyn vanaf die Kieserstraat-reservoir waarmee hulle verbind is, gee probleme.

‘n Pyp het klaarblyklik gebars.

“Ons is reeds vir meer as ‘n maand sonder water,” het mnr. Combrinck gesê.

Hy meld dit daagliks by die werkswinkel van die Lekwa Munisipaliteit op die Johannesburg-pad aan, met weinig resultate.

“Die bure oorkant die straat het wel water,” het hy ook gesê. “Dit is ‘n gemors.”

Al wat oorbly vir dié inwoner is om houers in die kraan buite te probeer opvul.

Die Standerton Advertiser het op Vrydag 11 Junie die werkwinkel geskakel om agter die kap van die byl te kom.

‘n Boodskap is gelaat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button