Megan Herbst (10) is met ’n auto-imuunsiekte gediagnoseer

Die dokters het Megan op 11 Junie met ’n auto-imuunsiekte, Systemic Juvenile Idiopathic Arthritus, gepaard met Macrophage Activating Sindroom (MAS) gediagnoseer. 

Megan Herbst, ’n 10-jarige leerling van Laerskool JJ van der Merwe, is tans in die pediateriese intensiewe eenheid by Unitas Hospitaal in Pretoria.

Wat eers as oor- en keelpyn begin het, het skielik in enige ouer se grootste nagmerrie ontaard.

Megan se ma, me. Jolene Herbst, het vertel dat Megan tydens ’n rugby-opleidingsdag by Laerskool JJ van der Merwe vir die eerste keer van oorpyn gekla het en kort daarna van keelseer.

Met haar eerste afspraak by die dokters is daar verneem dat sy mangelonsteking het en het medikasie daarvoor ontvang.

Megan was vir drie dae afgeboek.

Dit het voorgekom asof sy herstel het en is kort daarna terug skool toe.
 
“Die naweek het sy egter weer begin van oor- en keelpyn kla en sy kon nie sluk nie,” het me. Herbst vertel.
 
Sy is terug dokter toe en bloedtoetse is aangevra om die oorsaak van haar simptome te probeer bepaal.
 
Me. Herbst het vertel dat kort nadat hul die uitslae ontvang het, die dokter Megan na ’n pediater in Middelburg verwys het waarna sy in die hospitaal opgeneem is.
 
Verdere toetse het gevolg waar sy negatief vir Covid-19 en ander virale infeksies getoets het.
 
Dokters het vermoed dat sy ’n bakteriële infeksie het.
 
Haar simptome het so versleg dat sy te swak was om selfs te kan loop.
 
“Megan het begin sensitief raak vir enige aanraking, en het begin huil as iemand net aan haar vat.”
 
Na vele toetse het dokters vermoed dat Megan, Pims “Pediatric Inflammatory Multiple Syndrome”, het wat deur Covid-19 veroorsaak word.
 
Me. Herbst het vertel dat toetse bevestig het dat Megan nie Covid-19 gehad het nie, en kon dalk met iemand wat wel positief getoets het, in aanraking gekom het.
 
Volgens me. Herbst val Pims sowat drie weke nadat ’n kind in aanraking was met iemand, hul organe aan en veroorsaak inflamasie van die organe.
 
 
“Dit is ’n baie rare en nuwe sindroom waarvan daar nog nie veel inligting en behandelingsplanne ontwikkel is nie.”
 
Megan moes op 31 Mei haar tiende verjaarsdag in die hospitaal deurgebring.
 
Boodskappe en stemnotas van haar vriende, famile, ouers en onderwysers het vir ’n vreugdevolle dag gesorg.
 
Selfs die hospitaal se nag- en dagpersoneel het vir haar gesing en haar bederf.
 
Sy is uit die hospitaal ontslaan en terug by die huis het sy – selfs al was sy bang en onseker, twee periodes van skool bygewoon.
 
Megan se toestand het op 8 Junie skielik wéér vererger en sy is na ’n pediatriese nefroloog by Unitas Hospitaal verwys.
 
Sy is kritiek in die intensiewe eenheid opgeneem en verdere toetse is noodgedwonge gedoen.
 

Die dokters het Megan op 11 Junie met twee rare auto-imuunsiektes, Macrophage Activating Sindroom (MAS) aangebring deur Systemic Juvenile Idiopathic Arthritus, gediagnoseer.

‘n “Go-fund-me”-blad is begin om Megan se ouers te help om vir die biologiese medikasie te betaal. 

Volg die skakel om enige bydrae te maak, https://gogetfunding.com/megan-herbst

Lees die volledige berig in die Hoëvelder. 
 
Exit mobile version