NewsSchools

Debatleerders van Ermelo Hoërskool maak gereed vir debatseisoen

Die twee juniorspanne het onderskeidelik vierde en vyfde in die provinsiale kompetisie geëindig.

Ermelo Hoërskool se debatleerders het op 2 Junie ’n debatswerkswinkel van dr. Gustav von Bratt bygewoon.

Dr. Von Bratt is ’n gesoute ATKV-debatbeoordelaar en ook die afrigter van Affies se debatspanne.

Hy het dié leerders oor die fynere kunsies van debat touwys gemaak, waarna twee spanne ook die geleentheid gehad het om hul nuwe vaardighede op die proef te stel.

Johan Strauss, Zané du Plessis en Johnke Prinsloo tydens die debatswerkswinkel wat deur dr. Gustav von Bratt aangebied is. (Foto: Verskaf)

Ermelo Hoërskool het vanjaar vyf spanne wat vir die ATKV-Debatkompetisie ingeskryf het.

Die twee juniorspanne het onderskeidelik vierde en vyfde in die provinsiale kompetisie geëindig.

Ses debatspanne sal einde Julie aan die Con Spirito-debatskompetisie te Helpmekaar Kollege deelneem en òòk einde Augustus wag die gewilde Dink-of-Sink Debatskompetisie weer op die Erries.

Mnr. Pieter Grobler, skoolhoof, het gesê: “Hoërskool Ermelo is groot dank aan dr. Von Bratt verskuldig en ons sien met opwinding uit na die res van 2021 se debatseisoen.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button