Local newsNews

Hoërskool Hoogenhout op Bethal se busbestuurder sterf

Volgens Hoogenhout se bestuur, het hulle mnr. Van der Walt leer ken as ’n geduldige, deeglike mens wat altyd vriendelik was en lief was vir gesels.

Mnr. Kobie van der Walt (70) wat vir 16 jaar as busbestuurder by Hoërskool Hoogenhout gewerk het, is op Sondag, 6 Junie aan Covid-19 verwante oorsake dood.

Mnr. Danie Grobler, skoolhoof, het gesê mnr. Van der Walt was vir jare dié skool se getroue busbestuurder.

“Hy was nie een dag laat nie, inteendeel, hy was meeste van die tyd vroeër by die busstoppe om kinders op en af te laai,” het mnr. Grobler gesê.

Volgens Hoogenhout se bestuur, het hulle mnr. Van der Walt leer ken as ’n geduldige, deeglike mens wat altyd vriendelik was en lief was vir gesels.

Hulle het sy vrou, me. Adri van der Walt, asook die res van sy familie en vriende sterkte toegewens in dié moeilike tyd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button