Local newsNews

Kinross VLU-tak vergader op Secunda

Woon volgende vergadering by.

SECUNDA – Lede van die Kinross VLU-tak het op Donderdag, 13 Mei op Secunda byeen gekom en me. Hannie van Niekerk het vir vroue gewys hoe om kolletjiekuns te doen.

Die vroue het elkeen ook by die vergadering hul eie kunswerk met kolletjiekuns gemaak.

Die vroue wat pryse by die VLU Streekkonferensie gewen het,is me. Magda van Niekerk vir haar konfyt, me. Adrie van Niekerk vir haar gemengde medium-kunswerk en me. Hannie van Niekerk wat tweede plekke behaal het vir haar gemengde medium-kunswerk en gordynwegbinder.

Die jaarlikse konferensie kon weens Covid-19 regulasies nie plaasvind nie, maar die vroue het hul items vir beoordeling ingestuur.

Die Kinross VLU-tak vergader weer op Donderdag, 10 Junie om 10vm. Vir meer inligting, skakel me. Hannie van Niekerk by 072 834 1554.

Me. Hannie van Niekerk wys vir vroue van die Kinross VLU-tak hoe om kolletjiekuns te doen.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button