Local newsNews

Kaalspruit-tak op Standerton eindig algeheel derde na streekskongres

Kaalspruit-tak het by die afgelope streekkongres, waar agt takke meegeding het, algeheel derde geëndig met me. Jacoba Biermann, wat vier eerste pryse ingepalm het.

Die VLU se Kaalspruit-tak het op Dinsdag 18 Mei by ‘n saal in die Hervormde Kerk, Standerton vergader.

Die tema was ‘Boer’ waarvolgens die lede kon aantrek en me. Marinda Visser het brandysters byderhand gehad.

Me. Marietjie Swart het die sake op die sakelys behandel alvorens ‘n demonstrasie van glasverfwerk plaasgevind het.

Mpumalanga se Streekkongres vind op 28 en 29 Julie op Middelburg plaas en die nasionale kongres op 28 en 29 Oktober in Pretoria.

Me. Swart het melding gemaak van ‘n VLU-beurs vir ‘n eerstejaarstudent, wat sy eksamen suksesvol afgelê het.

“‘n Ma van die student moet lid van die VLU wees,” het sy gesê.

Die sluitingsdatum vir aansoeke is 20 September.

Kaalspruit-tak het by die afgelope streekkongres waar agt takke meegeding het, algeheel derde geëindig met me. Jacoba Biermann wat vier eerste pryse ingepalm het.

Mee. Roz du Preez en Charlotte Jacobs het elk in hul onderskeie afdelings ‘n eerste plek behaal.

Me. Visser het daarna die vroue touwys oor glasverf gemaak.

Glasverf verskil van loodglaswerk waar eersgenoemde in verskeie kleure met gom en selfs naellak gedoen word.

Die beoordelaars kon daarna aan die vroue se Oppenheimer-terte proe en die uitslag het algemene byval gevind.

Die volgende vergadering word vir 15 Junie beplan en vroue is uitgedaag om met ‘n Covid-masker, wat die somber prentjie sal verlig, op te daag.

As kompetisie-item sal die maak van lapservette aan die beurt kom.

Julie se vergaderings word gewoonlik na Augustus geskuif vanweë die koue.

Belangstellendes kan met me. Swart by 083 449 2847 in verbinding tree.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button