Local newsNews

Msukaligwa Business and Community Forum en inwoners het nóg groot planne vir Veltman Park

Nuwe swaaie, 'n rondomtalie en 'n wipplank is deur mnr. Ben Greyling en sy span, mnre. Derrick Kellerman en Emlyn Hughes van Sukuma Steel aangebring, terwyl mnr. Neil Mattieson die sny van die gras behartig het.

Die Veltman Park wat eers ‘n kopseer vir inwoners was, is nou gevul met kinders wat in die middae in die park rondhardloop en baljaar.

Die Msukaligwa Business & Community Forum (MB&CF), Ermelo Phoenix Rotary Club, Sukuma Engineering, Tidius Tuindienste, DP Signs, Msukaligwa Munisipaliteit, Purple Armadillo, mnr. Werner Engelbrecht van Jacks Construction en verskeie ander sakelui en inwoners het hande gevat om Veltman Park op te knap.

Nuwe swaaie, ‘n rondomtalie en ‘n wipplank is deur mnr. Ben Greyling en sy span, mnre. Derrick Kellerman en Emlyn Hughes van Sukuma Steel aangebring, terwyl mnr. Neil Mattieson die sny van die gras behartig het.

‘n Nuwe toevoeging tot die parkie is ‘n trekker-klimraam wat onlangs deur mnr. Greyling in die park opgerig is.

Daar word ook beplan om nog ‘n toring van motorbande op te rig.

Me. Maryke Claassen van die MB&CF, het gesê dat hulle dié spesifieke park gekies het omdat dit, volgens hul kennis, die grootste park op Ermelo is.

“Daar was werklik geen plek waarheen ouers hul kinders kon vat om buite te speel en net tyd saam hul gesinne deur te bring nie,” het me. Claassen gesê.

Die Phoenix Rotary klub het onlangs ‘n skenking vir houtpale gekry, wat om die grense van die park opgerig is, om sodoende voertuie uit die park te hou.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button