CrimeNews

Boer beweerdelik deur onwettige jagters vermoor – een verdagte dood aangetref in sel

Daar word vermoed dat mnr. Holdenhauer ten tyde van sy moord, onwettige jagters op sy plaas betrap het.

Mnr. Hennie Moldenhauer, ’n boer van Amersfoort, se ligggaam is op 16 Mei deur sy vrou, langs ’n gestroopte sojaboonlandery op hul plaas gevind.

Daar word vermoed dat mnr. Holdenhauer ten tyde van sy moord, onwettige jagters op sy plaas betrap het.

Konst. Thuli Zwane, woordvoerder van Amersfoort Polisie, het gesê dat mnr. Moldenhauer na bewering op die verdagtes se hond geskiet het, waarna hulle met die boer begin worstel het en daarin geslaag het om die boer van sy vuurwapen te ontwapen en hom geskiet het.

“Die verdagtes het die boer van sy twee vuurwapens beroof, ’n pistool en jaggeweer, wat later saam met ammunisie teruggevind is.

Brig. Leonard Hlathi, woorvoerder van Mpumalanga Polisie, het gesê dat mnr. Moldenhauer se liggaam sowat 10m vanaf sy voertuig gevind is.

Hy is in die kop geskiet.

Die oorskot van ’n hond – wat nie aan mnr. Moldenhauer behoort nie, is naby sy liggaam gevind.

Volgens die polisie behoort die hond vermoedelik aan die aanvallers.

Hy het bygevoeg dat daar drie lewendige jaggeweerrondes en een 9mm-ronde op die toneel gevind is.

Volgens konst. Zwane, is een verdagte vir die moord op mnr. Moldenhauer aangekeer, wat ook na hy in hegtinis geneem is, die gesteelde vuurwapens en ammunisie aan hulle uitgewys het.

Die verdagte is later dood in sy sel aangetref.

“Polisielede wat aan diens was, beweer dat hulle omstreeks 1.55vm, hul uurlikse selbesoek gaan doen het, toe hulle die verdagte aan die deurkosyn sien hang het.”

Die nodige rolspelers is na die toneel ontbied en die verdagte is deur Mpumalanga Nooddienste op die toneel dood verklaar.

Die voorval is ook aan die Onafhanklike Polisie-Ondersoekdirektoraat – wat die saak sal ondersoek, aangemeld.

Mpumalanga Landbou (ML) het op 19 Mei in ’n mediaverklaring gesê dat hulle met groot ontsteltenis van die boer se moord verneem het.

“Ons veroordeel die dood van ’n 58-jarige boer, op sy plaas naby Amersfoort, na bewering aan die hand van persone wat onwettig met honde op sy plaas gejag het, ten sterkste,” lui die verklaring.

Mpumalanga Landbou het ’n beroep op die polisie asook die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, mnr. Vusi Shongwe, om dringende maatreëls in plek te kry om onwettige jag met honde te stuit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button