CrimeNews

KVD maak werk daarvan om vis in Grootdraaidam op Standerton te bevry

Dié wyse van hengel lei tot grootskaalse visvrektes wat alle spesies beïnvloed.

Kasselman Veiligheidsdienste (KVD) kon op Dinsdag 13 April daarin slaag om nagenoeg 300 vis wat in nette vasgevang was, te bevry.

Die voorval het in die Grootdraaidam plaasgevind waar hordes vis in verskeie nette verstrengel was.

Volgens mnr. Jandré Kasselman, is beslag op vyf nette gelê.

“Een net was sowat 500m +,” het mnr. Kasselman gesê. Binnebande is op die toneel agtergelaat wat KVD vernietig het.

Volgens inligting, is ‘n bakkie met nette agterop, in die omgewing opgemerk.

Die Standerton Advertiser het in September 2018 berig oor ‘n voorval waar onwettige hengelaars op ‘n plaas met nette en saamgeflansde polistireenbootjies vis in die Vaalrivier gevang het.

Groot nette word oor ‘n dam of rivier gespan, daar gelos en later weer uitgetrek.

Dié wyse van hengel lei tot grootskaalse visvrektes wat alle spesies beïnvloed.

Onwettige kiefnethengel, sowel as die verkoop van visse, word streng verbied en enigeen wat met kiefnette hengel, kan tronkstraf in die gesig staar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button