NewsSchools

Liggies staan geliefde juffrou aan die dood af

Sy was geliefd onder personeel, leerders en die gemeenskap.

Juffrou Ilze Aucamp het in Januarie 1992 by die Liggies aangesluit en het sedertdien baie diep spore hier en in ons harte getrap.

Liefde vir woorde:

Haar passie vir taal het sterk navore gekom in die wyse waarop sy leerders binne en buite die klas geleer het.

Die ‘tuin van woorde’ wat sy op die terrein met soveel sorg ontwikkel en uitgelê het, spreek ook daarvan.

Sy was die departementshoof vir tale en het op die bestuur van die skool gedien.

Op die kultuurgebied het sy ook haar liefde vir taal uitgeleef – veral met haar groot bydraes in die kuns van redenaars.

Liefde vir kinders:

Haar liefde vir kinders was sigbaar in alles wat sy gedoen het.

Sy het ’n omgee-hart gehad en het gestreef om leerders atyd te bemoedig.

Tenspyte van die moeilike tye wat sy in die laaste dae ervaar het, wou sy getrou aan haar aard tot op die laaste, “nog net ‘n week” in haar klas staan en met kinders werk.

Op die sport-gebied:

Op die sportveld het sy ure met leerders tyd spandeer en help vorm aan hulle vaardighede, sportmansgees en uitkyk op die lewe.

Sy het ’n groot passie vir hokkie en atletiek gehad.

Die Nasionale Junior-Atletiekspan was al deur haar begelei en verskeie spiesgooiers presteer op nasionale vlak.

Sy was ook ‘n Nasionale atletiek skeidsregter.

Sy het die Suid-Afrikaanse Hokkie-Bokkiespan as afrigter na Rusland vergesel.

Koshuismoeder:

Die Liggies was ook bevoorreg om haar as koshuismoeder vir baie jare te gehad het.

Ook hier het sy in die opvoeding en versorging van die meisies, altyd met soveel omgee, ure spandeer.

Geliefd:

Sy was geliefd onder personeel, leerders en die gemeenskap.

Ons was bevoorreg om haar te ken en om by haar te kon leer.

Ons gaan juffrou mis!

Ons diepe meegevoel gaan uit aan haar familie en geliefdes.

2 Tim 4:7-8 – ‘Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end-uit volgehou. Nou wag die oorwinnaarskroon vir my, die lewe by God.’

(Berig deur Ligbron Akademie vir Tegnologie – aangepas vir publikasiedoeleindes)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button