Local newsNews

Dokter van Kriel se pandemie-foto is ’n wenner by Hoëveld Fotografieklub

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering by te woon.

SECUNDA – Fotograwe van die Hoëveld Fotografieklub het onlangs weer ’n virtuele byeenkoms gehad en hul beste foto’s ingeskryf.

Dr. Leon Pelser het weer eens uitgeblink en twee afdelings gewen.Hy het die voorgeskrewe onderwerpafdeling gewen met sy foto, Déjà vu in the Mirror, en ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.

Dr. Pelser het ook die beste foto onder die seniorfotograwe ingeskryf en dié afdeling gewen met sy foto, Pandemic Pedestrian.

Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.

Me. Barbara Mitton het die beste foto onder die juniorfotograwe geneem en dié afdeling gewen met haar foto, Hitching a Ride.

Me. Barbara Mitton se foto, Hitching a Ride, was die beste foto onder die junior fotograwe.

Die ander fotograwe wat sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het, is mnr. Gerrit Myburgh met sy foto, African Stonechat, me. Hanlie de Beer met haar foto’s, Kam jou Vere, en Swarteier Geniet die Son, mnr. Johan Viljoen met sy foto’s, Pensive, Snobby, en From the Light, mnr. Hanno de Beer met sy foto, Duiker Drama, me. Lorraine Botha met haar foto’s, Hello There, Enjoying Every Morsel, en Dance with the Devil, me. Barbara Mitton met haar foto, Lunchtime, mnr. James Harris met sy foto’s, Black Mamba Smelling, Green Mamba on a Leave, White Rose, en I’m not just a Number on your Wall, mnr. Danie Smit met sy foto’s, Vat So, en Tango, mnr. Piet Potgieter met sy foto’s, North City, en Leader of the Dust en mnr. Louis van der Walt met sy foto, A Dance with Life1.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende vergadering is op Vrydag, 9 April om 6nm vir 6.30nm by die Sasol Ontspanningsklub.
Vir meer inligting, skakel mnr. Hanno de Beer by 071 365 6440.

Dr. Leon Pelser se foto, Déjà vu in the Mirror, was die beste in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

Related Articles

Back to top button