Local newsNews

Secunda VLU-tak skop jaar af en kies nuwe bestuur

Woon volgende vergadering in April by.

SECUNDA – Lede van die Secunda VLU-tak kon op Woensdag, 3 Maart uiteindelik hul eerste vergadering vir vanjaar hou nadat inperkingsmaatreëls weer effens gelig is.

Een van die lede, me. Teresa de Wet, het vir vroue gewys hoe om met verskillende aftrekvorms op lap te verf en vroue wat die meeste punte behaal het in verlede jaar se maandelikse takkompetisies, is vereer.

Me. Maryna Hartman het die meeste punte vir ‘n konferensie en kongres behaal en eerste in dié afdeling geëindig asook eerste algeheel, terwyl me. Launa Jansen van Vuuren tweede in die algehele afdeling en die kongres- en konferensie-afdeling was en me. De Wet derde in die algehele afdeling geëndig het.

Me. Mariana Bowker het derde in die kongres- en konferensie-afdeling geëindig.

Die Secunda VLU-tak het ook ‘n nuwe bestuur gekies en me. Launa Jansen van Vuuren is as voorsitter aangewys, me. Liezel Myburgh as adjunk-voorsitter en skakelbeampte, me. Magda Schwab as tesourier, me. Rosa Black as adjunk-sameroeper, me. De Wet as sekretaresse en me. Mariana Bowker as addisionele lid en beoordelaar, me. Ingrid Pelser as addisionele lid en me. Dossie Klopper as addisionele lid.

Dié tak se volgende vergadering is op Woensdag, 14 April om 9.30vm by die N.G. Kerk Secunda-Oos/Goedehoop-gemeente.

Vir meer inligting, skakel me. Jansen van Vuuren by 061 065 7417.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button