Local newsNews

Kaalspruit-tak op Standerton se lede presteer by virtuele kompetisie

Me. Jacoba Biermann, wat tans kankerbehandeling ondergaan, het presteer deur vier eerste plekke los te slaan.

Die Kaalspruit-tak van die VLU het op Dinsdag 16 Maart in ‘n saal by by die Hervormde Kerk, Standerton vergader.

Alvorens me. Marinda Visser ‘n demonstrasie aangebied het hoe om proteas uit karton te maak, is die sake van die dag afgehandel.

Me. Marietjie Swart, voorsitter, het die vergadering gelei en die nuwe voorsitter van die Hoëveld-streek, me. Gerda Büter, was ook teenwoordig.

Twee van die Kaalspruit-lede het by die onlangse virtuele kompetisie van die Hoëveld Konferensie albei eerste plekke vir hul blommerangskikkings behaal.

Me. Roz du Preez se rangskikking was getiteld ‘Horisontale ontwerp met kontrasterende kleure’ en me. Charlotte Jacobs s’n ‘A fascinator’.

Me. Jacoba Biermann, wat tans kankerbehandeling ondergaan, het presteer deur vier eerste plekke los te slaan.

Die tak het me. Annaline Smith tot nuwe ondervoorsitter verkies, na die bedanking van me. Margaret Tonkin.

Die VLU se Mpumalanga Kongres word vir 27 en 28 Julie by Olifant River Lodge beplan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button