Local newsNews

Vaalrivier by Standerton aan die styg

Die rivierpark was prentjiemooi en as dit nie was vir die bome wat plek-plek onder water was nie, sou geen onraad vermoed word nie.

Die deurdringende reën van die afgelope tyd laat sy invloed geld.

Die water bruis oor die walle by Grootdraaidam en die Standerton Rivierpark het op Woensdag 3 Februarie en Vrydag 5 Februarie al die tekens getoon van ‘n Vaalrivier wat geleidelik styg.

Volgens inligting, het die dampersentasie verlede Dinsdag omstreeks 10vm op 108,73 gestaan en teen 6nm op 108,92.

Teen Woensdag, is drie sluise oopgemaak en die persentasie was op 106,82, teen Vrydagaand het dit op 104,17 gestaan.

Die rivierpark was prentjiemooi en as dit nie was vir die bome wat plek-plek onder water was nie, sou geen onraad vermoed word nie.

Die paadjies was meestal nog begaanbaar, hoewel deeglik oorweeg moes word of ‘n sedanmotor gemaklik deur waterpoele kon beweeg.

Een hengelaar is Vrydag opgemerk, wat kom lyn natmaak het.

Bome by die Standerton Rivierpark is gedeeltelik onder water.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button